Hallo, ek is René

My storie begin in Distrik Ses waar ek hand aan hand saam met my pa die klipstrate moes uitloop skool toe. Daar het ek die eerste keer kennis gemaak met ‘n gemeenskap wat vir mekaar omgee, lekker ‘labarang’-kos en ervaar hoe almal my pa, toe ‘n Afrikaanse onnie, as “meester” aanspreek. Ek was vyf … Daar en dan het ek besluit dat ek ook eendag ‘n “meester” sou word!

Na 10 jaar in die onderwys begin ek toe vir die eerste keer regtig verstaan wat ‘n “meester” is… Bly ek of groei ek? In 2005 begin ek ‘n suksesvolle direkteverkope-onderneming met ‘n dinamiese groep vroue. Sewe jaar lank beleef ek hoe DOELGERIGTHEID & INTENSIE uitkomste dryf. Weer moet ek besluit: Bly ek of groei ek?

My lewensreis neem my deur die ervaring om ‘n radioprogram aan te bied, ‘n musiekskool te begin en as vryskutprojekbestuurder vir verskeie organisasies te werk. My obsessie met die sielkunde van gedrag bly deurgaans saam met my… Wat maak ons almal eenders? Hoekom is daar mense wat ongeag “armoede” tog baie gelukkig is en aan die ander kant is daar die sogenaamde “suksesvolle” mense wat ongelukkig en onvervuld is? Wat doen die klein persentasie uitblinkers werklik anders?

Met my agtergrond in sielkunde en opvoeding, en my onvoorwaardelike passie vir mense, verwelkom ek jou by my nuwe aanlyn program vir mense wat, net soos ek, wil aanhou droom, aanhou groei en besef dat die EK KAN-gesindheid ’n mens se lewe kan verander.

Hierdie aanlyn motiveringsprogram is ‘n ontdekkingsreis na ‘n nuwe jy! Gelukkiger, gesonder en genoeg! Kom jy saam? My maatskappy is gebou op ‘n grondslag van liefde, my grootste bewondering vir JOU en my absolute toegewydheid om goedheid, groei en vooruitgang te bevorder!

My geskenk aan jou is ‘n maandelikse motiveringsinspuiting om jou te help om jou drome te verwesenlik. Teken in op ons maandelikse MotiveringsDIVA-nuusbrief vol wenke, onderhoude en veel meer. As gewaardeerde intekenaar het jy ook toegang tot ons pragtige e-handelsprodukte en aanlyn kursusse sodat jy die lewe kan skep wat jy werklik verdien.

Kom jy saam?