5 MANIERE OM MINDER OORWELDIG TE VOEL!

‘n Nuwe dag is ‘n nuwe kans virnuwe doelwitte, nuwe drome, nuwe gewoontes…bla,bla,bla!
Ek weet, ons word gebombardeer met alles wat gedoen moet word en ons moet konstantby nuwe omstandighede aanpas. Ons stres dat ons sonder werk sal sit, ons stres as ons moét gaan werk, ons stres oor ons kinders wat moet skooltoe en nou stres ons want hulle is weer by die huis!Jy mis die verkeer maar jou werkslading is skielik bedoel vir 50 mense!Moenie alleen voel nie…oorweldig gebeur met die beste van ons.
Vandag, gee jouself toestemming en

STOPASEM-IN HERSTEL
Jy sal niks wonderliks kan lewer as jy nie wonderlik voel nie!
Hierdie week, maak tyd vir die volgende:

1. Selfsorg

Selfsorg beteken nie “ek eerste nie”. Dit beteken “EK OOK”. So selfsorg is nie ‘n daad van selfsugtigheid nie! So stop, skakel daai stemmetjie van skuldgevoelens af en gun jouself tyd! Jy kannie gee wat jy nie het nie!Stop en herlaai jouself met geduld, liefde en moed!

2.Hou op multi-tasking tricks doen.

Alles hoef nie op dieselfde tyd te gebeur nie!Iemand het iewers vir ons oortuig dat uiters produktiewe mense alles gelyk moet doen…Inteendeel!!!…uiters produktiewe mense doen een taak op ‘n slag en doen dit deeglik!Jy al gevoel jy is emosioneel uitgeput en eintlik niks produktiefs gedoen nie?Probeer een taak op ‘n slag!

3.Prioritiseer tussen dringend & belangrik

Hierdie gewoonte het my “lewe verander”!Het jy al verdrink in die 500 eposse wat jou heeldag besig hou en aan die einde van daai dag voel jyasof jy absoluut niks bereik het nie? Jy het heeldag net vure doodgeslaan.Baie keer raak ons so besig met besig dat ons heeltemal oog verloor oor wat werklik belangrik was.So..dringend en belangrik is twee verskillende dinge!DRINGEND – Is daai takies wat onmiddelike aandag wil hê. Bv. daai 500 unread eposse, whatsapp’s, DM’s en messenger pings…wat nie noodwendig noodsaaklik is nie, maar tog so verloklik is omdat dit mens laat voel dat jy baie besig en in demand is. Hierdie takies moet gedoen word…maar moet nooitvoorkeur kry bo dit wat werklik belangrik is nie!BELANGRIK – Hierdie take is nie so opsigtelik soos ‘dringend’ nie, daarom so maklik om agteruit te stel. ‘Belangrik’ het te doen met uitkomste wat jou nader aan jou doelwitte bring, te doen het met jou waardes en jou visie. Hierdie take is bietjie moeiliker want dit verg bietjie meer moed. So neem jou to-do lysie en merk eers wat BELANGRIK is! Doen dit eerste.
“Things which matter most must never be at the mercy of things which matter least”…Goethe

4. Stel realistiese verwagtinge op jouself!

Maak daai to-do lysie ‘n bietjie korter en beloon jouself met elke afgehandelde taak.Jy is jou eie grootste kritiek. So wanneer jy jou verwagtinge versag is dit so lekker om dante oorpresteer. Vier elke wen al is dit hoe klein!

5. Delegeer en maak staat op ander.

Ons is gemaak om in-gemeenskap te funksioneer en in ‘tribes’ te floreer. Om iemand se hulp te vra is een van die grootste komplimente wat jy aan so ‘n persoon kan gee!Moenie die liefde, ondersteuning en hulp van jou kinders, familie, vriende en kollegas onderskat nie.
Mag hierdie week se STOP-ASEM-HERSTEL vir jou help -om alles in nuwe perspektief te plaas- om jou rol in die groter prentjie te sien- om jou moed te herlaai om die lewe weer volstoom aan te pak
Gaan maak nou daai lekker koppie tee en herlaai!☕

Jy is sterker as wat jy dink!

Jou grootste bewonderaar,

René