Die Onderwys – Episode #01

DIE ONDERWYS- KOM ONS BEWEEG SAAM VORENTOE!  Episode 1 – Gasspreker: Daan Potgieter van die AON

Welkom by die eerste episode van ons potgooi-reeks om prinsipale, onderwysers en ouers te help om gemotiveerd te bly in hul roeping en rol binne die onderwys.Vandag gesels ons met die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwys Netwerk, Daan Potgieter.

Hierdie insiggewende gesprek neem ons deur die verkenning van Suid-Korea en Finland se onderwysmodelle, wat hulle suksesvol gemaak het sowel as wat ons van hulle kan leer. Ons gesels oor hoe ‘n ideale onderwysmodel binne ons unieke omstandighede sou lyk, wat ons reeds tydens die pandemie geleer het en ook hoe prinsipale na die emosionele welstand van hulle onderwysers en hulself kan omsien. 

Kom luister na Daan se reaksie op vrae soos: Hoe is ons kinders benadeel deur die tradisionele lineêre benadering van onderwys? Wat kan ons nou anders begin doen? Hoe meet ons sukses en gelukkig wees? Wat is die fondasie van ‘n goeie ‘n onderwysmodel?Hoe oorkom ons die vrees van verandering en foute maak?

Ons hoop dat jy hierdie episode saam met ons sal geniet en skakel asseblief in vir ons volgende episode met die tema : Watter rol speel ouers en onderwysers in die geestesgesondheid van ons kinders?