Potgooi #15 – Innovering is die nuwe normaal!

In ons laaste episode het ons gesels oor resilience of veerkragtigheid wat verwys na ons vermoë om verandering effektief te hanteer ….om terug te bons. Die vermoë om nie net moeilike tye te oorleef nie maar om tydens moeilike tye te groei en floreer.
Resilience is die R in RISE. Vandag gesels ons oor die I in RISE…dit staan vir INNOVERING!  Die definisie van innovering is om verandering aan te bring in iets wat gevestig is…of die invoer van ‘n nuwigheid.

So innovering beteken verandering!
Kan ons sonder innovering groei?

…nee,sonder innovering is vooruitgang ontmoontlik!

Hoe kan jy innoverend wees in jou persoonlike vooruitgang?

1) Bly nuuskierig!
Mense wat verandering omhels soek altyd ‘n manier om dinge te verbeter. Hulle bly nuuskierig oor nuwigheid, hoe dit hulle kan help of hoe hulle ander kan help. Hulle bevraagteken altyd die status quo en soek nuwe maniere om dinge aan te pak. Wanneer laas het jy ‘n nuwe stokperdjie begin, ‘n nuwe skrywer se boeke begin lees, ‘n nuwe taal begin leer of selfs nuwe vriende gemaak? Die moontlikhied vir nuwigheid is oneindig!

2) Vat n kans en maak foute!
Innovering beteken om sonder opgee aan te hou probeer en nie bang te wees om foute te maak nie. Thomas Edison het 1000 foute gemaak voordat hy die gloeilamp reggekry het. Hou aan om jou eie grense bietjie verder te druk. Hoe meer jy jou eie grense druk hoe meer sal jou grense uitbrei in jou vermoë om meer aan te pak, om meer kennis op te doen en om selfs in moeilike tye te floreer.

3) Bly in die oomblik!
Wees bewus van wat rondom jou gebeur en die oomblik wat jy ervaar. Moenie die lewe in auto pilot beleef nie! Wanneer jy met jou volle bewustheid en met mindfulness deur die lewe gaan is jy meer geneig om geleenthede raak te sien, ‘n beter luisteraar te word en meer ontvanklik vir nuwe idees te wees.

Hoe kan jy in jou besigheid innoverend wees?


* Kleiner is beter!
Innovering is nie altyd groot en dramaties nie! Innovering kan klein veranderinge aan bestaande dienste of produkte wees. Klein veranderinge wat waarde bring vir jou klient.

* Moenie kreatiwiteit versmoor nie!
Korttermyn doelwitte en ‘n obsessie met besparing versmoor kreatiwiteit. Kreatiwiteit is die brandstof vir innovasie. So weet dat nie al jou pogings sal slaag nie, maar elke poging is wel ‘n down payment vir wat eventually gaan werk. Dink langtermyn, dink verhoudinge en wat jou kliente se vertroue sal wen.

* Beloon jou kliente!
Ek is absoluut mal oor rewards van my plaaslike winkels….dis hoekom ek elke keer terug gaan. Dink aan maniere hoe jy jou kliente kan beloon. Dit hoef jou niks te kos nie. Stuur ‘n spesiale bodskap op sosiale media of ‘n dankie-briefie. Laat jou kliënte spesiaal voel en hulle sal terugkom vir meer!

Let’s RISE above it all! Moeilike tye is tydelik. Deur resilience en innovering kan jy uitstyg bo dit wat jou onderkry.
Jy is sterker as wat jy dink! Jou grootste mag lê in die keuses wat jy maak. Hoe meer jy die krag van jou keuses laat geld, hoe groter sal die impak van jou besluite word.

Met liefde en bewondering,René

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui