Potgooi #14 – Styg bo dit alles uit!

Baie keer wanneer ek met ‘n gehoor gesels en vra of daar enige CEO’s in die gehoor is dan steek enkele persone hulle hande op. Dié wie hul hande opsteek is gewoonlik uitvoerende beamptes van organisasies of maatskappye. Na afloop van die werkssessie sal ek weer dieselfde vraag vra …en my meting van die sukses van daai sessie lê in die 98% van die gehoor wat dan hul hande opsteek in hul eienaarskap van die rol wat hulle in hul eie lewens speel…. dat elkeen van ons die CEO van ons lewe is! …dat die bestuur van jou lewe jou grootste verantwoordelikheid is en dat die keuses wat jy maak die rigting van jou lewe beinvloed.

Vandag se tema is : RISE above it all ! STYG bo dit alles uit!  

Hierdie pandemie het die mat spreekwoordelik onder ons voete kom uittrek. Werksekuriteit het sy status verloor , ouers het tuiswerkers en onderwysers geword, onderwysers het aanlyn guru’s geword en die lewe soos ons dit ken het oornag verander. Die werksmark staan onder die bedreiging van ‘n werksverliessyfer wat  tot 3 miljoen teen die einde van 2020 kan styg.

Vandag se potgooi is geinspireer deur ‘n gedig van Maya Angelou getiteld “Still I rise”…Kom ek lees ‘n uittreksels daarvan:

You may write me down in history

With your bitter twisted lies

You may trod me in the very dirt

But still, like dust, I’ll rise

Just like moons and like suns

With the certainty of tides

Just like the hopes springing high

Still, I’ll rise

You may shoot me with your words

You may cut me with your eyes

You may kill me with your hatefulness

But still, like air, I’ll rise

Hoe sal ons kan? Hoe sal ons kan uitstyg bo ons omstandighede, uitstyg bo dit wat ons nou onderkry… sodat ons die helder toekoms kan sien?

Kom ons gesels oor 4 kwaliteite wat ons kan help om uit te styg bo dit wat jou onderkry! En wanneer jy dit elke dag in klein bietjies toepas en dit consistently doen dan word ons soos ‘n plaasboer wat saadjies saai…met die wete dat daar op die regte tyd nuwe plantjies sal uitkom. Hy verwag nooit dat dinge oornag sal gebeur nie…en hy verwag ook dat sy saadjies met die regte versorging sonder twyfel sal ontkiem en nuwe lewe sal voortbring!

So kom…let’s RISE above it all!

Resilience – Veerkragtigheid
Innovation – – Innovering
Showing up – Daag op
Educating yourself – Bly leer

Kom ons begin met resilience of veerkragtigheid!

Resilience of veerkragtigheid verwys na die vermoë om verandering effektief te hanteer. Die vermoë om te groei en floreer self tydens uitdagings en teenspoed. Die definisie stel dit so mooi…om terug te bons wanneer jy teenspoed ervaar.

Ons word nie gebore met hierdie kwaliteit van resilience en veerkragtigheid nie! Resilience is ‘n mindset,dis gewoontes en aksies wat aangeleer word!

Soos ‘n atleet wat sy spiere moet oefen…kan ons ook resilience aanleer en oefen om sterker te word in ons vermoë om teenspoed te oorkom. Kom ons probeer die volgende om ons resilience op te bou:

1.      Leer by jou foute! 

Mense met resilience leer by hulle foute! Hou op om jou kop op dieselfde plek te stamp! Jy kannie die probleem oplos met dieselfde denke wat die probleem veroorsaak het nie. Doen dinge anders!

2.      Onthou jou emosies is tydelik!

Mense met resilience weet hulle emosies is net tydelik! Ongeag wat jy nou voel…as jy in die verlede daaroor kon kom, sal jy dit weer kan doen! Bly in beheer van jou emosies…voordat jou emosies vir jou beheer.

3.     Probeer net weer!

Mense met resilience weet mislukking is nie die val nie, maar mislukking is wanneer jy nie weer opstaan nie. So…net soos jy met jou klein fietsie gemaak het. Jy het elke keer opgespring en weer probeer. So…staan op en probeer net weer!

Verandering is onvermydelik. Dit is resilience /veerkragtigheid wat ons sal help om nie net teenspoed te deurstaan nie, maar selfs binne teenspoed en moeilike tye te groei en te floreer!

Dankie dat jy na vandag se episode geluister het. Volgende week gesels ons oor die “I” in RISE…hoe om innoverend te bly wanneer tye moeilik is.

Jy is sterker as wat jy dink! Jou grootste mag lê in die keuses wat jy maak. Hoe meer jy die krag van jou besluite laat geld, hoe groter sal die impak van jou besluite word.

With love and admiration,
René
(The MotivationalDiva)