5 redes om jou eie TUISBESIGHEID vandag te begin!

Om ons nuwe reeks – DIS TYD OM JOU EIE TUISBESIGHEID TE BEGIN af te skop het ek goedgedink om dit te begin met 5 redes hoekom…hoekom vra jy? Omdat suksesvolle besighede wat te midde van onsekerheid en onstuimige tye staande bly, dié is wie vashou aan HOEKOM hulle begin het.
Toe ek my journey as entrepreneur 15 jaar gelede begin het, was dit oor meér as net die produk wat ek verkoop, die geld wat ek verdien en die peak traffic wat ek vry spring…die redes hoekom ek begin het is steeds die redes hoekom ek dit vandag doen. My redes en my hoekom was wat my na elke val laat opstaan het, wat my gehelp het om nie myself te definieer wanneer die bankbalans in ‘n minus gaan nie en my laat weer probeer as ‘n idee gefaal het. So kon ek deur my journey as entrepreneur vir myself re-definieer wat sukses vir my beteken.ps! Oh ja, ek het my tuisbesigheid op die kant begin…terwyl ek in ‘n voltydse werk was.
So…wanneer jou rede en hoekom sterk genoeg is, sal jou hoe baie makliker kom!

Kom ons spring weg met my 5 redes hoekom JY vandag jou eie tuisbesigheid kan begin!

  1. Ons is pas tot die nugter besef gebring dat werksekuriteit alles behalwe sekuriteit is! Kovid-19 het ontmasker hoe onseker ons werkstitel werklik is. ‘n Tuisbesigheid kan op die kant begin indien jy voltyds werk of kan voltyds aangepak. Daar is geen verskoning om nie te begin nie!
  1. ‘n Tuisbesigheid kan begin net waar jy is met wat jy het! Die wonder van ‘n tuisbesigheid is dat jy nie groot kapitaal, kantore of fancy gereedskap nodig het nie.
  1.  ‘n Tuisbesigheid is ‘n eenmansaak of sole proprietorship en hoef nie met CIPC geregistreer te word nie! …wag, hier kom die magic! Indien jy as ‘n inkomste belastingbetaler by SARS geregistreerd is en die inkomste van jou eenmansaak verklaar, kan jy met die regte hulp van ‘n rekenmeester jou uitgawes soos telefoon, internet, kantoorspasie, reis, ens, terugeis! Maar jy moet met die SARS vereistes voldoen en sorgvuldig werk! 
  1. Om jou eie tuisbesigheid te begin is makliker as wat jy dink! Raai…dalk is jy reeds daarmee besig. Is jy ‘n vryskut kunstenaar wat by events optree, maak gebak vir vriende en bure, restoreer meubels, maak gadgets reg,neem foto’s by geleenthede , gee advies en hulp oor opvoeding en dienste ,ens,ens…en mense is bereid om jou te betaal daarvoor? Wel …dan is jy alreeds besig! Nou moet jy tyd en jouself belê om meer te leer oor hoe om dit soos ‘n besigheid te bestuur en jou uitgawes terug te eis!

JOU lewe is JOU besigheid! Jy kan slegs jou lewe bestuur as jy weet in watter rigting jy oppad is! Die KEY ? Keep – Educating – Yourself. Kyk uit vir die volgende artikels wat jou sal help met die WAT en HOE om jou eie tuisbesigheid te bestuur sowel as idees van besighede wat jy kan begin!Jy is sterker as wat jy dink en nou is die tyd om daai verandering te wees wat jy soek!

Liefde & Admirasie
René
(MotiveringsDiva)