Só kan jy self-twyfel oorwin!

Die default setting van ons brein is mos fight of flight. So wanneer dinge te moeilik lyk is ons brein se eerste reaksie om onsself te oortuig om dit nie te doen nie.
Aha…so nou verstaan ons hoekom dit so moeilik is om by daai nuwe oefenplan te bly, om daai nuwe besigheid van die grond af te kry, om daai nuwe werk aansoek in te sit…of enige nuwe ding aan te pak. Sodra dinge moeilik lyk, word ons grootste uitdaging …JY, JOUSELF! Maar hoe verander jy jou eie reaksie op die lewe? Hoe verander jy die dinge waarvan jy wel beheer oor het?…jou denke, jou woorde en jou aksies.
Jy verander jou denke, woorde en aksies deur die dinge wat jy vir jouself sê!..ja, daai stemmetjie in jou kop is die klank van jou gedagtes. Daai klein stemmetjie is so powerful want hy/sy praat heeldag met jou. Daai stemmetjie het die vermoë om vir jou heeldag te herinner oor hoe jy dit nie sal regkry nie, hoe jy nog nie gereed is nie of hoe jy nie bedoel is vir geluk en liefde nie…daai is die stemmetjie van twyfel, vrees en onsekerheid.
DIE GOEIE NUUS IS …dat almal daai stemmetjie van onsekerheid het. Of jy nou Oprah of Michelle Obama is … ons almal het daai natuurlike stemmetjie van vrees. Nou kom die beste nuus….ons almal besit die vermoë om daai stemmetjie te beheer!! Dit bring ons na die keuse van ons woorde, nie net teenoor ander nie, maar teenoor jouself!!So wat kan jy doen om minder negatief te wees en meer positiwiteit in jou lewe te vind:Ontwikkel die woordeskat van meesters!!

  • By jou werk…gebruik die woordeskat wat leiers gebruik. Ongeag jou posisie of titel!
  • By die huis… gebruik die woordeskat van liefde!
  • Met jouself … gebruik die woordeskat van positiwiteit en aanvaarding!

Kies die woorde van dit wat jy graag in jou lewe wil aantrek! Kies woorde van vreugde, vrede en vooruitgang met ander, maar veral teenoor JOUSELF!JOU WOORDE SKEP JOU WêRELD! …amper soos ‘n selfvervullende profesie! 

So hierdie week…al bewe jy van binne… sê vir jouself:Ek is daai girl…ek kan daai nuwe besigheid begin! Ek is sterk …ek gaan daai moeilike gesprek met haar/hom het! Al hou ek nie van konfrontasie nie.Ek is wys… ek gaan advies vra en my finansies regruk.Ek verdien liefde…vandag sal ek sê hoe ek voel!Ens,ens …hoe meer jy jouself woorde van courage en wysheid vertel ,hoe meer sal jy daai stemmetjie van onsekerheid stil maak.Jou super power lê in die keuses wat jy maak!

Met liefde en bewondering
René
(Die MotiveringsDiva)