Potgooi #12 – Bly glo in die mag van jou keuses!

Ons is super opgewonde oor ons 3-deel potgooi getiteld” Kovid-proef jou emosionele gesondheid” en vandag is deel 2 – Bly glo in die mag van jou keuses!
Laaskeer het ons gesels oor die ABC van emosionele gesonheid:
A – Aanvaar en gee erkenning aan jou gevoelens deur ons gasspreker
Euodia Sampson
Indien jy daardie episode gemis het, gaan luister dit HIER

Vandag gesels ons oor die vlg stap : B – Bly glo in die mag van jou keuses!
Voordat ons die gasspreker bekendstel wil ek julle graag herinner aan die 90/10 reel… dat 10% van die lewe dit is waaroor jy geen beheer het nie, maar 90% van die lewe is jou keuse oor hoe jy sal reageer op wat die lewe jou kant toe gooi. Ek is mal oor die storie van die tweeling broers wie se paaie na hul skoolloopbaan geskei het. Na vele jare vind hulle weer mekaar , die een broer ‘n mediese chirurg en die ander ‘n bedelaar. Op die vraag oor hoe elkeen gekom het waar hy is, antwoord die bedelaar :…”my pa was ‘n alkoholis.” Op dieselfde vraag oor hoe hy daar gekom het antwoord die mediese chirurg:…”my pas was ‘n alkoholis.” Albei met dieselfde grootword omstandighede  ervaar maar die mag van hulle keuses het hulle op verskillende plekke gebring.
Op hierdie noot verwelkom ek ons gasspreker Hilary van der Westhuizen. Sy is die stigter en eienaar van Journey Social Work Private Practice. Hilary, baie dankie dat jy vandag saam met ons kan wees!
[HILARY – INSETSEL 1]
Hilary, wanneer mense eienaarskap neem van hulle besluite, wat is die sielkundige proses wat plaasvind?
[HILARY – INSETSEL 2]
Dis so waar …maar om tot by daardie punt te kom is nie maklik nie. Hoe kom ons tot by daardie punt om jou besluite met selfvertroue te maak? Watter praktiese wenke kan help?
[HILARY – INSETSEL 3]
Hilary , hierdie is kragtige lesse vir ons almal…maar baie keer kan ‘n mens dit nie alleen doen nie. Hoe help Journey Social Work Private Practice mense om deur moeilike tye te kom?
[HILARY – INSETSEL 4]
Hilary, jy is ‘n inspirasie vir ons almal! Jou werk en journey help so baie mense en families om deur moeilik omstandighede te kom. ..omstandighede wat soms onmoontlik lyk om te oorkom. Mag jou reis en journey jou net hoër laat styg terwyl jy fokus om ander op te lig!
Baie dankie dat jy na ons potgooi geluister het! Kyk uit vir deel 3 – Kreatiwiteit help genees!
Tot ons weer gesels op die vlg potgooi!