POTGOOI #11 – Kom ons Kovid-Proef ons emosionele gesondheid

Dit mag maklik klink…maar dis glad nie so eenvoudig nie! Ons word gebombardeer met die prentjie van die moderne vrou wat bemagtig is en dan boonop die valse perfeksionisme van sosiale media dat dit al hoe moeiliker word om uiting te gee aan gevoelens soos lae-selfbeeld, gevoelens van onbevoegtheid en gevoelens van mislukking …wat ons bring na die groot woord- kwesbaarheid! Hoe kan die erkenning van ons kwesbaarheid ons grootste krag word?   

Op hierdie noot wil ek julle voorstel aan ons eerste gas, Euodia Sampson. Sy is bekend vir haar rolle op TV ,om paar te noem Gawa in Tussen duiwels en Onder Engele, Madam & Eve, Fishy Fashions en tans is sy te sien in die populêre Arendsvlei.

Eudia, welkom en dankie dat jy saam met ons is vandag!

     [EUODIA INSETSEL 1]

1)      Ons gesels oor kwesbaarheid/vulnerability. Hoekom dink jy dis so ‘n moeilike ding om jou eie kwesbaarheid te aanvaar…en veral by vroue?

 [EUODIA INSETSEL 2]

 Ek is seker baie van ons luisteraars kan daarmee vereenselwig…veral as ouers. Hoe oop en gereed is ons as ouers om hierdie moeilike gesprekke met ons kinders te hê? Dis baie algemeen om ons verlede te herhaal …veral as ons dit nie aanvaar en aanspreek nie.

2)      Jy het jou eie unieke storie wat veral ander help om hulle eie kwesbaarheid te erken en te aanvaar. Wat het jou lewensstorie vir jou geleer? 

 [EUODIA INSETSEL 3]

Dit verg moed om te sê hoe jy voel. Wat ek nou geleer het is dat die oomblik jy besef dis die situasie wat jou laat voel soos jy voel, dat die gevoel jou nie definieer nie…raak dit makliker om dit aan te spreek.

3)      Hoe help die aanvaarding van jou emosies om dit dan te probeer oorkom?

   [EUODIA INSETSEL 4]  

4)      Wat is die beste advies wat jy nog gekry het om na jou eie emosionele welstand om te sien?

   [EUODIA INSETSEL 5]  

Euodia ,dankie dat jy jou ervaring en lewensreis met ons kom deel het. Ons waardeer en admirer jou werk as aktrise, as gemeenskapswerker en dat jy ,deur jouself te wees ten alle tye bo ju kwesbaarheid kan uitstyg en so elke vrou toestemming gee om dieselfde te doen.

Sjoe, daar was nog so baie gesê wat ons tyd nie toelaat nie en ek sal die volledige, uncut weergawe op ons you-tube kanaal plaas vir almal wat die res van gesprek wil hoor! Ek sal seker maak om jou kontak details te plaas vir die wie graag ‘n persoonlike gesprek met jou wil hê.

Baie dankie dat jy geluiter het. 

Kyk uit vir ons deel 2 saam met Hilary van der Westhuizen met die tema –Bly glo in die mag van jou keuses/ Owning your powers.

Met liefde en bewondering 
René 
(Die MotiveringsDiva)