WEES JY DIE VERSKIL WAARNA JY SOEK

Kom ons begin met dit wat ons almal in gemeen het…

Wat ons almal in gemeen het is dat ons almal alewig aan die soek is. Ons soek meer liefde, ons soek meer geld, ons soek meer respek, ons soek meer opregte vriende, ons soek purpose en nog meer… en dit is heeltemal normaal solank dit binne realistiese perke bly. Ons is geskep om te groei !So as jy voel jy is ‘n groef en dit maak jou mismoedig, dan is dit jou teken dat dit tyd is om te groei.

Groei is ‘n sinoniem vir verander!

So wanneer jy in daai mismoed van ‘n groef land dan is dit die lewe wat sê jy moet dinge nou ‘n bietjie anders doen. Einstein het gesê dat waansin die idee is dat jy dinge dieselfde manier doen en dan ‘n ander uitkoms verwag. So indien jy na ander uitkomste smag beteken dit dat jy dinge anders moet begin doen!

En hier is jou motiveringstool vir die week wat kom: 

WEES JY DIE VERANDERING WAT JY SOEK!

Hier kom jou uitdaging …

Vir die week wat voorlê -As jy meer liefde en respek soek ,TOON MEER LIEFDE & RESPEK IN WOORDE EN DADE. As jy meer opregte vriende soek, WEES JY ‘N OPREGTE VRIEND! As jy erkenning soek GEE ERKENNING! WEES JY DIE VERANDERING WAT JY SOEK!

So onthou: Jou grootste mag is die krag van jou keuses. Jy kan kies hoe jy sal reageer op wat die lewe na jou gooi. Jy is sterker as wat jy dink en mag jy hierdie week besluit om self die verandering te wees waarna jy so soek!

Want hoe meer jy die waarde van jou besluite laat geld hoe groter sal die impak van jou besluite word!

Met liefde & bewondering,

René Arendse