VIND CLARITY!

Hoeveel nuwe jaar resolusies het jy al gemaak en nooit regtig deurgevoer nie? Dit kan wees rondom jou gesondheid, verhoudinge, finansies of om jou eie besigheid te begin. Wel, ons almal het daai t-shirt van onklaar doelwitte en doelwitte wat net drome bly…
Maar wat kan ons anders doen? Wat doen uiters produktiewe mense anders as die wie nie hulle doelwitte enduit voer nie?

Hier is 3 van die dinge wat uiters suksesvolle mense doen sodat hulle hul doelwitte kan deurvoer. CLARITY, COURAGE & CONSISTENCY

Vandag gaan ons bietjie gesels oor CLARITY. Om doelgerigt te wees beteken om ‘n baie duidelike doelwit te he’. So clarity beteken om presies te weet waarnatoe jy oppad is. Dis soos om met jou GPS te ry na jou bestemming. Jy sal nie Wes Kaap intik nie …maar jy sal ‘n baie spesifieke adres intik sodat die GSP vir jou die kortste roete daarnatoe kan neem.
Nou waar gaan ons soms verkeerd? Ons is baie vaag met ons doelwitte …ummm ek wil bietjie maerder word …ek wil tog begin spaar …ai, die jaar moet ek tog my eie ding begin doen. Wat doen uiters produktiewe mense ?
1)Hulle skryf hulle doelwitte neer. So maak jy ‘n toewyding aan jouself!
2)Hulle is uiters spesifiek. Clarity sal jou dalk bring by doelwitte soos om toxic vriendskappe of verhoudinge te stop, om hulp te kry vir substance abuse of ‘n kondisie, om jou ongelukkige werksomstandighede aan te spreek of te verander of dalk dat jy iemand moet vergewe om aan te beweeg.
Wanneer hulle interne GPS weet waarnatoe hulle oppad is …nou word dit makliker om uit figure hoe om daarby uit te kom

So ons motiveringstool hierdie week is CLARITY. Maak n besliste besluit oor waarnatoe jy oppad is!
Jou uitdaging ? Skryf 3 doelwitte neer en wees baie spesifiek. Wanneer jy jou doelwitte neerskryf moet jy nog nie probeer dink oor hoe jy dit gaan doen nie.  Nadat jy die 3 baie duidelike doelwitte neergeskryf het …
Skryf nou neer wat jy moet doen om daai doelwit te bereik … klop jouself op die skouer en se’ …DJY IS DAAI OU / DJY IS DAAI GIRL!
Want,jy is sterker as wat jy dink en mag jy hierdie week se besluit op CLARITY in jou lewe jou help om nader aan jou drome te kom!
Want hoe meer jy die waarde van jou besluite laat geld hoe groter sal die impak van jou besluite word! 

Met liefde & bewondering,
Rene Arendse